DOAJ Open Access 2016

Die gebruik van opmerkings as ’n strategie tydens die verantwoordbare redigering van akademiese tekste

Amanda Lourens

Abstrak

Bestaande riglyne oor die redigering van akademiese tekste (bv. dié van die US Taaldiens; internasionaal ook dié van die Institute of Professional Editors [IPEd]; die Editors’ Association of Canada [EAC]; en die Council of Australian Societies of Editors [CASE]) beklemtoon dat redigeerders nie aan die inhoud en struktuur van hierdie soort tekste behoort te verander nie. Dit is egter in die praktyk nie altyd duidelik presies hoe redigeerders probleme ten opsigte van inhoud en struktuur moet hanteer nie. Hierdie studie het ten doel om riglyne te verskaf vir redigeerders van akademiese tekste wat ’n prosesbenadering volg. Die redigering van agt akademiese artikels word ondersoek, met spesifieke verwysing na die hantering van opmerkings (comments) as ’n strategie om die outeur te bemagtig om self inhoudelike en strukturele veranderinge aan te bring. Opmerkings deur die redigeerders van hierdie artikels word beskryf, geïnterpreteer en geëvalueer, met die oogmerk om uiteindelik riglyne te gee vir ’n verantwoordbare redigeerstrategie.

Penulis (1)

A

Amanda Lourens

Format Sitasi

Lourens, A. (2016). Die gebruik van opmerkings as ’n strategie tydens die verantwoordbare redigering van akademiese tekste. https://doi.org/10.4102/lit.v37i2.1277

Akses Cepat

PDF tidak tersedia langsung

Cek di sumber asli →
Lihat di Sumber doi.org/10.4102/lit.v37i2.1277
Informasi Jurnal
Tahun Terbit
2016
Sumber Database
DOAJ
DOI
10.4102/lit.v37i2.1277
Akses
Open Access ✓