DOAJ
Open Access
2013
‘Ek dink dis beter vir my skryfwerk om met die regte wêreld te doen te hê’: ’n Terreinverkenning van skryfopleiding in die groter Afrikaanse literêre sisteem (1995–2012)
Leti Kleyn
Abstrak
Hierdie artikel fokus op die rol wat skryfopleiding gedurende die tydperk 1995–2012 in die groter Afrikaanse literêre sisteem vervul het, met spesifieke verwysing na skryfopleiding as nagraadse kwalifikasie. Ondersoek word ingestel na die ontwikkeling van die vakgebied op tersiêre vlak, soorte skryfopleiding en die rol van mentorskap in die ontwikkeling van skryftalent. Daarbenewens word die getal solopublikasies wat tot op datum verskyn het van skrywers wat skryfopleiding ondergaan het, die rol wat skryfopleiding in die verpakking speel, die ontvangs en die toekenning van literêre pryse oorweeg. Ten slotte word daar gekyk na die rol (positief en negatief) wat skryfopleiding in die literêre sisteem vervul.
Topik & Kata Kunci
Penulis (1)
L
Leti Kleyn
Akses Cepat
Informasi Jurnal
- Tahun Terbit
- 2013
- Sumber Database
- DOAJ
- DOI
- 10.4102/lit.v34i2.416
- Akses
- Open Access ✓