DOAJ
Open Access
1982
Sending en evangelisasie - ’n ander weg?
J. v.V. du Plessis
Abstrak
In die kerklike praktyk het twee begrippe geykte vorme aangeneem, t.w. sending en evangelisasie. Sending is deur J. du Plessis soos volg beskrywe; “die Kristelike sending is die evangeliserende arbeid deur kristelike manne en vroue bestee aan die nie-kristelike volkere en stamme, om onder hulle ’n kristelike kerk te stig, wat sigself onderhou, "bestier en uitbrei”. (Aangehaal H. D. A. du Toit. Die kerstening van die bantoe. p. 9). Hierdie definisie het besliste mankemente, aangesien die kerk in sy apostolaat nie voorop staan nie, maar die gedagte van individuele- en groepsending. Aan die ander kant dra dit egter die visie van eiesoortige kerkstigting.
Topik & Kata Kunci
Penulis (1)
J
J. v.V. du Plessis
Akses Cepat
Informasi Jurnal
- Tahun Terbit
- 1982
- Sumber Database
- DOAJ
- DOI
- 10.4102/ids.v16i61.1157
- Akses
- Open Access ✓